Free People's mission

Jesus Christ is the same yesterday, today and forever. Heb.13.8

Language:

Geen onderwerp vlam die gemoedere soveel op en skei die geeste so vinnig soos dié oor God nie. Tog kom niemand uiteindelik by Hom verby nie, nie eens die ateïste nie. Elke mens word gebore en groei op in 'n spesifieke wêrelds-benadering en die meeste mense bly daarin tot aan die einde van hul lewe sonder om die waarheid van daardie standpunt te beproef of dit te verifiëer. Oor die algemeen is dit die praktyk om ooreenkomstig geërfde tradisies op te tree. Selfs diegene wat vervulling van hul godsdienstige verpligtinge soek, wil nie oor hul God gepla word nie. Hulle het 'n God nodig wat goed pas binne hul godsdiens en presies aan hulle verwagtinge voldoen. Die oorsaak daarvan lê eintlik nie in die godsdiens self nie. Vanaf geboorte en tot met die dood, word mense van vrome rituele en feestelike seremonies voorsien, sonder dat hulle ooit die goddelike boodskap van verlossing gehoor het en innerlike gemoedsrus en sielsvrede gevind het.